Dopamien

Die struktuur van dopamien.

Dopamien (DA, ’n verkorting van 3,4-dihidroksifenetielamien) is ’n hormoon en senuoordraer wat verskeie belangrike rolle in die brein en liggaam speel. Dit is ’n organiese chemiese stof wat in die brein en niere gesintetiseer word. Dopamien word ook in plante en die meeste diere gesintetiseer. In die brein dien dopamien as ’n senuoordraer – ’n chemiese stof wat deur neurone (senuselle) vrygestel word om seine na ander senuselle te stuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search